
=====================================================================
13 - Natuurbewaring
=====================================================================


13
NATUURBEWARING

Die huidige situasie

Die hoofdoel van wild- en natuurreservate is om eko-stelsels en bio-diversiteit te beskerm. Hulle beskerm ook seldsame plante en diere. Hulle stel ons in staat om navorsing te doen oor hoe die natuur funksioneer. In die toekoms moet daar meer omgewingsopvoeding by natuurbewaring ingesluit word.


Natuurbewaring moet ook verseker dat plaaslike gemeenskappe voordeel trek uit nauurreservate. Natuurbewaring kan aangewend word om werksgeleenthede vir plaaslike gemeenskappe te skep. Natuurbewaring kan ingespan word om die HOP te laat slaag in die platteland.

Suid-Afrika het baie beskermde gebiede. Ons het 17 nasionale parke, en baie provinsiale parke. Daar is ook baie privaat wildreservate. Ons het agt Nasionale Botaniese Tuine waar plante beskerm word en waar mense oor ons plante kan leer.


Baie besoekers van ander lande hou van Suid-Afrika omdat dit baie mooi is. Hulle besoek ook die land om die wilde diere te sien. Nasionale Parke en natuurreservate is baie belangrik vir toerisme. Dit kan baie geld in die land laat inbring. Toerisme kan ook geld na die plattelandse gebiede kanaliseer. Maar ons moet seker maak dat die plaaslike gemeenskappe voordeel trek uit toerisme.


Toerisme is wreldwyd besig om baie vinnig te groei. Suid Afrika kan baie meer toeriste akkommodeer as wat ons tans doen. Ons kan baie geld uit toerisme verdien. Maar ons moet versigtig wees dat toerisme nie ons omgewing beskadig nie. Ons moet ook verseker dat dit arm gemeenskappe tot voordeel strek.


Toe sommige Nasionale Parke tot stand gebring was, was party gemeenskappe gedwing om te trek. Hulle is nie behoorlik vergoed vir die grond wat hulle verloor het nie (sien Figuur 10).


Hulle is nie toegelaat om die grond wat hulle verloor het te gebruik vir weiding vir hul vee nie. Hulle is nie toegelaat om plante vir medisyne, brandhout of grasbedekking bymekaar te maak op die reservate nie. Om hierdie rede het hulle sekere van die kennis wat hulle omtrent die natuurlike omgewing gehad het, verloor.

FIGUUR 10: KOSIBAAI

Mense of natuurbewaring

Kosibaai is in Maputoland naby die Mosambiek-grens. Dit het vier mere. `n Mens kan sekere gebiede slegs per voet of per boot bereik. Die KwaDapha-, eMalangeni- en Nkovukeni- gemeenskappe bly reeds meer as 700 jaar in Maputoland. Hulle is van die laaste gemeenskappe wat in Kosibaai bly.

Aan die westelike kant van Kosibaai het almal, behalwe een persoon, verhuis. Aan die ander kant is die drie gemeenskappe van die KwaDapha, eMalangeni en Nkovukeni steeds in die reservaat. Hierdie gemeenskappe wil nie verhuis nie. Hulle het die KwaDapha, eMalangeni en Nkovukeni (KEN) Gemeenskaps-Hulpbron en

Ontwikkelingsprojek ("Community Resource and Development Project") gestig.

Die KEN Gemeenskaps-Hulpbron en Ontwikkelingsprojek is besig om 'n ekotoerisme-projek te loods wat deur die gemeenskap bestuur en besit word. Die Kwazulu Departement van Natuurbewaring het ingestem om te help met die oprigting. Die Kosibaaiprojek kan ander gemeenskappe wys hoe om 'n natuurreservaat te vestig. In Kosibaai kan landbou, bewaring en ekotoerisme alles saam funksioneer.

Die gemeenskap wil op die grond aanbly en deelneem aan die bewaring en ontwikkeling van die gebied. Hulle wil plekke vestig waar die gemeenskap se kennis van die omgewing vasgel kan word. Hierdie kennis sal aangewend word om bewaring in die gebied te bevorder.

In die verlede het natuurbewaring in Suid-Afrika meestal die blankes bevoordeel. Om suksesvol te wees, moet natuurbewaring alle Suid Afrikaners tot voordeel strek. Die plaaslike gemeenskappe moet voordeel trek uit natuurbewaring.


Alle Suid-Afrikaners moet in staat wees om ons Nasionale en Provinsiale Parke te besoek. Dit is belangrik sodat mense opgevoed kan word oor die omgewing.


Natuurgebiede in dorpe is ook belangrik vir omgewingsopvoeding. Arm mense in dorpe kan die gebiede besoek sodat hulle in voeling met die natuur kan kom. Hierdie natuurgebiede kan klein, oop ruimtes wees. Of hulle kan baie groter natuurreservate wees.

Beleidsake vir die nuwe regering

Daar is ses sleutel-sake wat die regering met betrekking tot natuurbewaring moet hanteer:


1. Eerstens, moet grond of geld aan mense gegee word aan mense wat hulle grond afgestaan het vir natuurreservate. Dit sal deur die Grond Eise Hof ("Land Claims Court") hanteer word.

2. Tweedens moet verseker word dat alle Suid-Afrikaners ons Nasionale Parke en ander beskermde gebiede kan besoek. Mense moet die toegangsgeld kan bekostig. Maar die regering moet ook metodes vind sodat arm mense die parke kan besoek en daar kan bly.


3. Verhoudings tussen parke en plaaslike gemeenskappe moet verbeter word. Hulle moet saamwerk om ons bates te beskerm. Plaaslike gemeenskappe moet bevoordeel word deur ons parke.


4. Die regering moet toerisme aanmoedig maar op so wyse dat ons natuurlike bates beskerm sal wees.


5. Die regering moet bepaal wie deur natuurbewaring bevoordeel word plaaslike gemeenskappe moet bevoordeel word deur toerisme en natuurbewaring. Ons het plattelandse ontwikkelingsprojekte nodig rondom ons parke. Die regering moet ontwikkelingshulp verleen vir omgewingsleer, die bestuur van natuurlike hulpbronne en toeristedienste vir plaaslike gemeenskappe.


6. Die natuurbewaringsliggame moet hul openbare beeld verander. Die natuurbewaringspersoneel moet meer toeganklik wees vir gemeenskappe. Die enigste personeel wat soos polisiemanne,of soldate hoef aan te trek, is anti-wilddiefeenhede en hekwagte.


Aanbevelings

Veranderings aan wetgewing en die wyse waarop parke bestuur moet word


1. Die Nasionale Parkeraad moet meer openbare aanspreeklikheid aanvaar. Nuwe, verteenwoordigende Nasionale en Provinsiale Parkerade moet op 'n deursigtige en demokratiese manier verkies word. Alle parke moet deur een wet gereguleer word. Daar moet streeksverteenwoordigers op nasionale vlak wees. Ons het 'n nasionale plan nodig vir die beskerming en ontwikkeling van parke en reservate.

2. 'n Nasionale Skakelkomitee tussen Nasionale, Provinsiale en plaaslike Parke kan na bewaring oor die hele land omsien.


3. Die regering moet Bio-streeksforums daarstel. Hulle moet uit verteenwoordigers van Nasionale Parke, Provinsiale Parke, landbou-organisasies, nywerhede, nie-regeringsorganisasies en plaaslike gemeenskappe saamgestel word. Elke forum sal een renvalgebied dek. Dit sal die burgerlike gemeenskap in staat stel om deel te neem aan die beplanning van, en bewaring in, hierdie gebiede. Die behoeftes van mense wat in of naby bewaringsgebiede bly behoort in aanmerking geneem te word.


4. Gemeenskaps-Skakelkomitees moet in alle parke tot stand gebring word. Gemeenskap-Skakelkomitees sou naburige gemeenskappe kon help om deel te neem aan besluitneming met betrekking tot die park. Dit sou hulle ook in staat stel om uit die park se bates voordeel te trek.


5. Nasionale en Provinsiale Parke en ander natuurreservate moet meer swart mense en vroue in diens neem. Ons moet die kapasiteit in agtergeblewe gemeenskappe uitbou.


6. Die provinsiale departemente kan die bestuur van Nasionale Parke gedeeltelik oorneem. Dit sou help om die bestuur van provinsiale, nasionale en private parke saam te voeg in elke provinsie. Maar die Nasionale Parkeraad moet nasionale standaarde vir hulle parke instel.

Gemeenskapsgebaseerde bewaring en plattelandse ontwikkeling


7. Nasionale en Provinsiale Parke kan plattelandse ontwikkeling bevorder. 'n Deel van die geld wat uit parke verdien word kan gebruik word om werksgeleenthede te skep in die gebied. Parke moet, indien moontlik, hul benodigdhede by die plaaslike gemeenskap koop en probeer om mense van die plaaslike gemeenskap in diens te neem.


8. Die bestuur van die park moet met die gemeenskap saamwerk om te besluit watter voordele die gemeenskap uit die park kan trek. Dit kan die weiding van vee in die park insluit, of om plante, vuurmaakhout en grasbedekking uit die park te gebruik.


9. Gemeenskappe wat aangrensend tot parke woon behoort betrek te word om wilddiefstal in daardie parke stop te sit. As die gemeenskap uit die park voordeel trek, sal hulle dit wil beskerm. Die stelsel van Gemeenskap-wildbewaarders kan aangewend word: wagte word deur die gemeenskap aangestel om die park te beskerm. Hulle is aan die gemeenskap verantwoordbaar.


10. Nasionale Parke en natuurreservate moet help om wild in gemeenskaplike en landbougebiede te plaas. Dit kan mense leer hoe om met wild soos koedoes en springbokke te boer. Gemeenskappe kan hieruit geld verdien. Hierdie tipe diere sou minder geneig wees as vee om tydens droogtes te vrek.


11. Daar behoort gebiede rondom Nasionale en Provinsiale Parke te wees waar daar gesamentlik met wild en vee geboer word.

Toerisme


12. Toerisme kan skade aan die omgewing aanrig. Ons moet die hoeveelheid toeriste wat gebiede besoek, beheer. Ons moet seker maak dat toeriste nie water en energie vermors nie. Ons moet seker maak dat toeriste bedag is op plaaslike kulture.


13. Natuurreservate moet meer werksgeleenthede genereer. Klein boskampe kan wildbesigtigingsritte en boswandelings met 'n gids aanbied. Dit verskaf meer geleenthede aan toeriste en skep meer werk.


14. Natuurreservate moet plaaslike handwerk, eerder as vakkundige produkte van ander plekke af, verkoop. Plattelandse gemeenskappe moet ook gehelp word om hulle produkte in die stede te verkoop.

15. Die regering moet ondersoek instel na die moontlikheid om kuns en vakkundige opleidingsentra naby die parke te vestig. Velle afkomstig van die Nasionale en Provinsiale Parke kan by hierdie sentrums gebruik word vir leerwerk. Mense kan ook daar in ander vaardighede opleiding ondergaan.


16. Eko-toerisme kan geld in Suid-Afrika inbring om ons natuurbewaringsgebiede te help bewaar.


17. Die regering moet verseker dat 'n deel van die geld wat deur die Nasionale, Provinsiale en plaaslike parke verdien word, aangewend word om ons omgewing en parke te beskerm.

Navorsing en opvoeding


18. Ons moet die natuur bestudeer sodat beskermde gebiede behoorlik bestuur word. Tradisionele kennis omtrent die omgewing en die kennis van tradisionele doktors en spoorsnyers moet gerespekteer, aangeteken, en waar moontlik, gebruik word.


19. Die kennis van plaaslike gemeenskappe moet deur die wet beskerm word. Gemeenskappe moet betaal word wanneer hulle kennis aangewend word. Plaaslike gemeenskappe het vir 'n lang tyd met die natuur gewerk. Hulle het baie geleer omtrent die plekke waar hulle woon. Ons moet hierdie kennis bestudeer en boekstaaf.


20. Alle parke moet plekke h- vir omgewingsopvoeding. Alle skoolkinders behoort natuurreservate te besoek. Natuurreservate in stedelike gebiede kan 'n belangrike rol speel in die verband. Omgewingsopvoeding behoort tradisionele omgewingskennis in te sluit. Alle sektore van die samelewing behoort in opvoeding betrek te word, met insluiting van boere, onderwysers en studente.


21. Die, regering moet 'n studie maak van hoe mense omtrent die natuur voel en wat hulle daarvan verstaan. Hulle moet bestudeer hoe gemeenskappe betrek kan word by die bestuur van parke.

---------------------------------------------------------------------

Back to Table of Contents


